oor ons

Die vennootskap Carinus en Strydom het in 1990 begin; Carinus Strydom (Pty) Ltd is in 2002 geregistreer.

Ons fokus was en is op die bou van langtermyn kliënteverhoudings. Nou strek ons kliënteverhoudings buite die landsgrense en oor geslagte heen.

Buiten bogenoemde en soortgelyke praktyke, onderskei ons onsself ook op grond van die volgende:

  • professionele dog persoonlike diens;
  • individuele finansiële beplanning- en ontleding;
  • ’n holistiese finansiële benadering en diens in samewerking met ’n verskeidenheid professionele spesialiste.

Dié spesialiste is:

Batebestuurders (CS Asset Management (Pty) Ltd) vir o.a.

  • Effektetrust Fonds van Fondse
  • Aandele

Rekeningkundige dienste (Concilio Tax Services (Pty) Ltd) vir o.a.

  • Fidusiêre dienste
  • Ouditdienste
  • Finansiële state
  • Belastingbeplanning

Eiendomme (m2a Investment Properties (Pty) Ltd) vir o.a.

  • Beleggingseiendom
  • Gedeelde eienaarskap

Korttermynversekering (Thura Makelaarsdienste (Pty) Ltd) vir o.a.

  • Persoonlike versekering (huisinhoud- en motorversekering)
  • Besigheidsversekering
  • Plaasversekering (oesversekering)

Die professionele dienste word boonop onder een dak aangebied – al die genoemde entiteite se kantore is in dieselfde gebou. Die  besonderhede van elke entiteit is beskikbaar via ons webtuiste; kliek op die Groep Finansiële Dienste skakel aan die linkerkant.